Search

10-Jarige seun in kritieke toestand na tref-en-trap ongeluk in Roshnee

ROSHNEE - ‘n Tien jarige seun is in ‘n kritieke toestand, na ‘n tref-en-trap ongeluk op die R82 in Roshnee. Paramedici van ER24 het die seun in die middel van die een baan aangetref. Nadat hulle hom ondersoek het, is daar gevind dat hy beserings aan sy kop, bors, arms en bene opgedoen het. Die seun is met gevorderde lewensondersteuning metodes behandel, voordat hy na die Sebokeng Provinsiale Hospitaal vervoer is vir dringende sorg. Die voertuig wat die kind raakgery het, het die toneel gevlug. Geen verdere inligting aangaande die saak is beskikbaar nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (Verskaf)


24 views
Listen Live.jpg