16-jarige Gert Pienaar sedert Donderdag uit Vanderbijlpark vermis
VANDERBIJLPARK - Die Community Support Forum (CSF) het vanoggend gesê ‘n 16-jarige seun is sedert verlede week Donderdag vermis vanuit Vanderbijlpark, Vaaldriehoek. Die CSF sê in ‘n verklaring Gert Pienaar is Donderdagoggend 20 Januarie 2022 laas in CW5, Vanderbijlpark, gesien. Enige iemand wat dalk weet waar Pienaar is of wat hom dalk iewers sien word aangemoedig om die Vanderbijlpark SAPD of die ondersoekbeampte te kontak by 071 675 6272. Volgens die groep is Pienaar se inligting ook aan die Pink Ladies Organisasie vir vermisde persone deurgegee. Die CSF waarsku dat dit ‘n kriminele oortreding is om ‘n vermisde persoon te huisves of the weerhou en kan vervolging tot gevolg hê.
FOTO: (CSF)
