Search

17-jarige vas vir besit en verkoop van dwelms in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - ‘n 17-jarige leerder van die Sapphire Sekondêre Skool in Bophelong, net buite Vanderbijlpark, is gister in hegtenis geneem vir die beweerde besit en die verkoop van dwelmmiddels. Die inhegtenisneming was deel van die Gautengse operasie O Kae Molao, waartydens polisiebeamptes die provinsie se skole sonder vooraf kennis deursoek in ‘n poging om skoolgeweld en dwelmmisbruik te bekamp. Tydens die deursoeking is daar onder meer beslag gelê op pakkies kristal-metamfetamien en gevaarlike wapens. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, sê sy was geskok oor dit wat by die leerders gevind is. FOTO: (Verskaf)


19 views
Listen Live.jpg