top of page
Search

19 skoolkinders beseer nadat taxi omkeer in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - 19 skoolkinders is beseer nadat die taxi waarin hulle gereis het omgekeer het in Faradayweg, Vanderbijlpark, vanoggend. Paramedici van ER24, asook plaaslike paramedici het vanoggend die taxi op die toneel aangetref waar dit op sy sy in die middel mediaan van die pad gelê het. Die kinders, wat steeds in die taxi vasgekeer was, is deur lede van die gemeenskap gehelp. Die mediese personeel het die kinders tussen die ouderdom van sewe en 12 ondersoek en gevind dat hulle matige tot ernstige beserings opgedoen het. Die kinders is behandel vir hulle beserings en van daar na Johan Heyns Hospitaal en Mediclinic Emfuleni Hospitaal vervoer vir verdere sorg en behandeling. Die bestuurder van die taxi het matige beserings opgedoen en is ook na ‘n nabye hospitaal vervoer vir verdere ondesoek. Volgens ER24 woordvoerder, Russel Meiring, is die omstandighede rondom die ongeluk nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)


39 views0 comments
bottom of page