Search

2 Mans gevonnis vir die moord op prokureur en sakeman van Vereeniging.

Die twee mans wat Januarie 2019 ‘n bekende prokureur en sakeman van Vereeniging vermoor en daarna sy lyk in die Vaalrivier gegooi het, is gister elk in effek tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Die twee is in April skuldig bevind aan vyf aanklagte teen hulle, naamlik die moord op Eric Lyell (68), roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie en dwarsboming van die gereg. Tau, ‘n werknemer van Lyell, wat by hom gebly het en soos ‘n ‘butler’ en ‘n ‘seun’ vir hom was, en Mpangeva, ‘n medepligtige, het op die aand van 11 Janurie 2019 die oorledene by sy huis aangeval en hom met ‘n piksteel geslaan en met ‘n tou gewurg. Llyel het aan beserings wat hy tydens die aanval opgedoen het beswyk. Hulle het daarna sy lyk in ‘n kar gelaai, na ‘n brug oor die Vaalrivier gery en die lyk in die water gegooi in ’n poging om bewyse te vernietig. Lyell se lyk is die volgende dag, in die Vaalrivier ontdek. Die twee is later in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.



5 views0 comments