237 Emfuleni en Sedibeng amptenare skuld R 9,5 mil. vir munisipale dienste
VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus sê 237 amptenare verbonde aan die Emfuleni-munisipaliteit en Sedibeng-distriksmunisipaliteit se skuld aan uitstaande diensterekeninge glo is sowat R9,5 miljoen. VF Plus-raadslid by Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, Gerda Senekal, sê ʼn amptenaar van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit se munisipale rekening is na bewering R464 000. Senekal sê hy woon in Rust-ter-Vaal waar amptenare nie wanbetalers se krag kan sny nie, omdat inwoners hulle gereeld met klippe bestook en dreig om munisipale voertuie aan die brand te steek. Emfuleni-munisipaliteit het onlangs personeel aangemoedig om vrywillig ʼn aftrekorder te teken om sodoende hul uitstaande skuld aan die munisipaliteit te vereffen. Senekal sê die VF Plus gaan druk plaas op beide munisipaliteite om nie-betalende amptenare en inwoners se elektrisiteitsvoorsiening te stop totdat hul rekeninge ten volle vereffen is.
FOTO: (VF-Plus)
