top of page
Search

25 beseer in onlangse Walkerville ongeluk op die R550

WALKERVILLE - Paramedici sê ongeveer 25 mense is onlangs beseer in ‘n ongeluk tussen twee minibus taxi’s, ‘n vragmotor en ‘n bakkie op die R550 in Walkerville, Vaaldriehoek. ER24 sê sy paramedici en ander nooddienste het omstreeks 10:18 op die toneel gekom waar die bakkie en vragmotor in een baan tot stilstand gekom het. Die twee taxi’s het aan die oorkant van die pad tot stilstand gekom. Medici het die verskeie pasiënte wat op die toneel rondgestap het ondersoek en gevind dat ongeveer 25 pasiënte geringe tot matige beserings opgedoen het. Daar was gelukkig geen ernstige of noodlottige beserings nie. Die pasiënte is op die toneel behandel en deur verskeie nooddienste na nabygeleë hospitale geneem vir verdere sorg. ER24 sê plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere sorg.

FOTOS: (ER24)



6 views0 comments
bottom of page