top of page
Search

32-jarige tenkwabestuurder vrygelaat

BOKSBURG - Die 32-jarige bestuurder van die vragmotor wat ontplof het nadat dit onder 'n brug in Boksburg vasgery het, is nou 'n vry man nadat hy uit aanhouding vrygelaat is. Hy is nie aangekla nie. eNuus berig die bestuurder is vrygelaat nadat die hof bevind het daar was nie genoeg bewyse nie. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê dat daar geen saak teen die bestuurder is nie, aangesien die polisie nie genoeg bewyse teen hom het nie. 18 mense is dood weens die ontploffing.

FOTO: (Verskaf)


1 view0 comments
bottom of page