Search

34-jarige in Meyerton doodgery deur onbekende voertuig

MEYERTON - Paramedici sê ‘n 34-jarige man is doodgery by die kruising van Springbok en Bosbok strate in Meyerton, Gauteng. ER24 sê die eerste person wat op die toneel gekom het, ‘n 41-jarige gewapende reaksie-offisier, is ook omgery nadat hy probeer het om die verkeer te herlei. Hy het matige beserings opgedoen. ER24 het met aankoms op die toneel om 19:43 Sondagaand die noodlottige beseerde man gevind nadat hy klaar gesterf het weens sy beserings. Die Midvaal Brandweer het die beampte geïmmobiliseer. Hy is behandel en na die Vereeniging Mediclinic vir verdere sorg geneem. Volgens ER24 is dit nog onbekend wie die 34-jarige man doodgery het, maar die SAPD was op die toneel vir verdere ondersoeke.

FOTO: (ER24)


21 views