Search

39-jarige ernstig beseer na bromponie-botsing in Sasolburg

SASOLBURG - Paramedici sê ‘n 39-jarige man is ernstig beseer na ‘n botsing tussen ‘n ligte motorvoertuig en ‘n bromponie op President Brand en John Voster in Sasolburg. ER24 sê in ‘n verklaring hulle paramedici en nog ‘n nooddiens het op die toneel gekom om beide voertuie in die middel van die pad te vind. Die bestuurder van die bromponie het naby die motor gelê. Met hulle ondersoek het medici gevind dat die man verskeie beenbreuke opgedoen het en ‘n ernstige toestand was. Hy is op die toneel behandel en pynverligtingsmedikasie gegee voordat hy na ‘n distrikshospitaal vir verdere sorg geneem is. Niemand anders is volgens die verslag beseer nie. ER24 sê besonderhede oor die voorval is egter nog onbekend.

In nog 'n voorval is 'n man in sy 30’s kritiek beseer na sy voertuig gerol het op Boy Louw-weg in Vereeniging. ER24 sê hulle paramedici het omstreeks 22:05 die aand op die toneel gekom waar Provinsiale Nooddienste reeds op die toneel was. Hulle was besig om die pasiënt uit sy omgekeerde voertuig te bevry. Paramedici het tydens hul ondersoek gevind dat die man verskeie beserings opgedoen het en in ‘n ernstige toestand was. Die man is op die toneel met gevorderde lewensondersteuning behandel en na Sebokeng Provinsiale hospitaal vir verdere sorg geneem. ER24 sê plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)


13 views0 comments

Recent Posts

See All