top of page
Search

71-jarige vrou doen ernstige beserings op na ‘n ongeluk op die R42


VANDERBIJLPARK - ‘n 71-jarige vrou is Vrydagoggend ernstig beseer toe ‘n voertuig gerol het op die R42 in Vanderbijlpark. Paramedici van ER24 het die verwoeste voertuig op die sy van die pad aangetref. ‘n Bejaarde man het op die toneel rondgeloop, terwyl die bejaarde vrou in die passasiers sitplek van die voertuig gesit het. Die mediese personeel het die vrou versigtig uit die voertuig verwyder en ondersoek, voordat hulle bepaal het dat sy verskeie beserings opgedoen het. Die vrou is vir haar beserings op die toneel behandel en van pyn-medikasie voorsien, voordat sy na ‘n naby geleë kliniek vervoer is vir verdere behandeling. Plaaslike owerhede was ook op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)


33 views0 comments
bottom of page