Search

90% minder mense in winkelsentrums tydens Vlak 5 inperking

VAALDRIEHOEK - Growthpoint sê besoekersgetalle by winkelsentrums waar laerinkomstegroepe hul inkopies doen, het in April met 90% gedaal. Die grootste eiendomsbeleggingsgroep op die JSE het volgens Netwerk24 in ’n handelsverklaring getoon wat die impak van die nasionale staat van inperking op sy huurinkomste is. In al sy winkelsentrums was besoekergetalle omtrent 50% tot 60% van wat dit gewoonlik in April is. Hulle meen dit is omdat hierdie verbruikers op openbare vervoer staatmaak. Winkelsentrums in woonbuurte het beter gevaar omdat mense in hierdie tyd verkies om naby hul huise inkopies te doen en nie ver na winkelsentrums te ry nie.

FOTO: (Verskaf)


8 views