Search

Aardskudding in Gauteng

VAALDRIEHOEK - Die skudding wat Vaaldriehoek-inwoners vanoggend gevoel het was inderdaad ’n ligte aardskudding van sowat drie-komma-drie op die Richterskaal. Daar word geglo dat die episentrum van die skudding tussen Carletonville en Westonaria was. Die skudding is omstreeks half sewe deur inwoners so ver as die Vaal gevoel. Die hoofwetenskaplike van die Raad vir Geowetenskap Eldridge Kgaswane sê aardbewings in Gauteng word gewoonlik deur mynaktiwiteite veroorsaak, in teenstelling met ‘n verskuiwing in tektoniese plate.

FOTO: (Verskaf)



32 views0 comments