top of page
Search

ABSA gaan tjeks begin uitfaseer

VAALDRIEHOEK - Absa gaan van 31 Desember 2020 nié meer tjeks as betaalinstrument aanvaar nie. Dit is die tweede bank wat aangekondig het dat hy die gebruik van tjeks gaan uitfaseer. Die bank het gister in ’n e-pos aan kliënte gesê dat aangesien verbruikers voortdurend die gebruik van nuwe-generasie digitale betalings aanvaar en veiliger betaalmetodes verkies, het tjekgebruik met tussen 25% en 30% per jaar afgeneem, ’n tendens wat na verwagting sal voortduur. Die bank sê dat sekere tjekdienste egter al reeds teen 1 Julie 2020 uitgefaseer word. Dit sluit in dat geen nuwe Absa-tjekboeke sal gedruk of uitgereik word nie. Banktjeks sal ook nie meer beskikbaar wees nie.

FOTO: (Verskaf)



27 views0 comments
bottom of page