VAALDRIEHOEK - Action Society is diep besorg oor die hoё aantal onopgeloste misdaadsake. Meer as 76,000 moorde en 40,000 sake van poging tot moord bly onopgelos, tesame met 61,740 sake van verkragting en 256,000 gevalle van roof met verswarende omstandighede. ‘n Tekort van 8,500 speurders en 527 vrywillige bedankings uit die Polisiediens het die situasie vererger. 'n Woordvoerder van Action Society, Juanita du Preez, kritiseer die gebrek aan gespesialiseerde personeel in die polisie en die uitwerking van politieke inmenging.
Die DA is intussen gefrustreerd oor die vertraging met die bekendmaking van misdaadsyfers vir die eerste kwartaal van die 2024/'25-boekjaar. Die syfers moet nog deur die kabinet goedgekeur word. Die polisie het die syfers van die derde kwartaal van 2023/'24 in Februarie bekend gemaak. Die DA se adjunk-woordvoerder oor die Polisie, Lisa Schickerling, het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, gevra om die statistiek dringend vry te stel.
FOTO: (Verskaf)
Comments