Search

Afriforum en die gemeenskap staan saam om 'n verskil te maak

VANDERBIJLPARK - Op Saterdag 12 Februarie het 'n groep van sestig mense vergader om die massiewe veld in McColmboulevard skoon te maak. Volgens AfriForum het die gemeenskap hulle genader vir hulp nadat verskeie mense in die veld beroof is. AfriForum se tydens die skoonmaaksessie is gras gesny, bome gesnoei en gemors is opgetel. Die trekker, harke, handskoene en ander toerusting is gratis deur AfriForum verskaf. AfriForum bedank die NW7 gemeenskap wat saam met hulle gewerk het om 'n verskil te maak.

FOTO: (Verskaf)



7 views0 comments