Afriforum het weer begraafplaasdiens die 23ste Mei
VANDERBIJLPARK - Vaaldriehoek-inwoners wat geliefdes se grafte in die Vanderbijlpark begraafplaas sonder kommer oor veiligheid wil besoek, kan so doen Sondag, die 23ste Mei. Afriforum Vanderbijlpark het aangedui dat hulle die 23ste Mei weer veiligheidsdiens gaan doen in die Vanderbijlpark-begraafplaas. Inwoners wat grafte wil besoek kan so doen vanaf 11:00 tot 14:00.
FOTO: (AfriForum Vanderbijlpark)
