AfriForum hou teenboelieveldtog-praatjie by Laerskool Eligwa
VAALDRIEHOEK - Afriforum het die week 'n praatjie gehou by Laerskool Eligwa vir hulle teenboelieveldtog. AfriForum Vanderbijlpark sê die praatjie is ’n bemagtigingspraatjie wat kinders leer om eerder die “buddy” as die “boelie” te wees. Die inhoud van die praatjie behels wat ‘n boelie werklik is, verskillende vorme van boeliegedrag, kuberboelie en wat om te doen as jy geboelie word en as jy die boelie is. Afriforum se dat tydens hulle skoolbesoeke het hulle besef dat daar ’n groot wanpersepsie is van wat boeliegedrag werklik is.
FOTO: (AfriForum)
