top of page
Search

AfriForum lewer onrusbarende bewyse dat die Vaalrivier besmet is met Cholera

VAALDRIEHOEK - Burgerorganisasiegroepe AfriForum en Save Ngwathe sê watermonsters wat uit die Vaalrivier in Parys geneem is, het positief getoets vir cholera. AfriForum en Save Ngwathe het gister in ’n verklaring gesê ’n geakkrediteerde laboratorium het Dinsdag watermonsters op verskillende plekke onder die toesig van ’n waterspesialis geneem. Een van die monsters wat uit 'n huis in Parys geneem is, het negatief getoets vir cholera, maar is met E. coli besmet. Nog 'n monster is in die Vaalrivier geneem, ongeveer 10-meter stroomaf van 'n mangat wat reeds 'n geruime tyd riool in die rivier stort. Hierdie watermonster het getoets dat dit met cholera en E. coli besmet is. AfriForum sê hierdie inligting bewys dat die Vaalrivier wel met cholera besmet is. Daar is verskeie plekke waar die rou riool in die rivier vloei as gevolg van vervalle en onbeskikbare infrastruktuur, beurtkrag en die feit dat daar geen noodbystand soos kragopwekkers of noodpompe is nie. AfriForum het die departement van water en sanitasie versoek om aktief in te gryp en het sy voorneme om te help uitgespreek.




4 views0 comments
bottom of page