Search

AfriForum maak area om Frikke Meyer-substasie skoon

VANDERBIJLPARK - Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark en gemeenskapslede het op 2 April ingespring en ongewenste plantegroei by die Frikkie Meyer-substasie te verwyder om die area veiliger te maak. Lang gras is ook gesny en talle bome is gesnoei. Die Frikkie Meyer-substasie bedien ’n groot deel van die dorp se suidelike voorstede. Die organisasie meen bome wat teenaan die substasie groei verskaf skuiling aan sluipslapers en kabeldiewe en is boonop ’n veiligheidsrisiko. Voorsitter van die Vanderbijlpark-tak, Jan Labuschagne, sê hulle wil ’n aantal substasies in die dorp ‘aanneem’ en dan die omgewing rondom dit netjies en veilig hou.

FOTO: (AfriForum)



4 views0 comments