Search

AfriForum publiseer verslag oor plaasmoorde

VAALDRIEHOEK - Burgerregte-organisasie, AfriForum, het vroeër vandag ‘n omvattende verslag oor plaasmoordneigings asook ‘n ontleding van arrestasies en vervolgings gepubliseer. Die verslag toon syfers oor vervolgings in plaasaanvalsake en verskaf ‘n ontleding van verskeie aspekte van plaasaanvalle en -moorde sedert 2016. Die groep sê die verslag beklemtoon ook die wreedheid, brutaliteit en marteling wat met die moorde gepaardgaan. Navorser by Afriforum, Johan Nortje, sê gedurende 2016 tot verlede jaar is 364 plaasmoorde per kalenderjaar geverifieer. Na raming was 761 aanvallers by dié moorde betrokke.

Nortje sê hiervan is 318 gearresteer, terwyl 107 skuldig bevind is. Nortje sê die feit dat gemiddeld 15 persent van moordslagoffers gemartel is, is baie kommerwekkend.

FOTO: (Verskaf)



5 views0 comments