Afriforum sê die Vaalrivier is elke dag in groter moeilikheid
VAALDRIEHOEK - AfriForum het die week ’n brief aan die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, gerig nadat dit aan die lig gekom het dat riool steeds op verskeie plekke in die Vaalrivier gestort word. AfriForum se hulle het al heelwat klagtes ontvang oor die agteruitgang in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, veral met betrekking tot besoedeling in die Vaalrivier. Voormalige minister van Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu, het vroeër bekendgemaak dat Rand Water in samewerking met rioolsuiweringsaanlegte nou in beheer is van die situasie in die Vaal en ook verantwoordelik is vir die opknapping van die pompstasie om al die rioolstortings in die Vaalrivier en omliggende waterbronne te stop. AfriForum het verskeie versoeke in sy brief aan die departement gerig onder meer om dringend ’n vergadering met die departement te belê om die kwessie te bespreek en aksieplanne voor te lê.
FOTO: (Verskaf)
