top of page
Search

AfriForum sê hy het ‘n sterk saam teen die vyfjaar-hernuwingstydperk vir bestuurslisensies.

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - AfriForum meen hy het ‘n sterk saak in sy hofstryd teen die vyfjaar-hernuwingstydperk vir bestuurslisensies. Die Hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak voorbehou. AfriForum eis dat hof onder meer ‘n verklarende bevel uitreik, wat bepaal dat die vyfjaar-geldigheidstydperk van bestuurslisensies ongrondwetlik is. Die veldtogbeampte vir strategie en inhoud, Ernst van Zyl, sê hulle eis ook dat alle boetes wat uitgereik word vir lisensies wat verval het, ongrondwetlik is. Van Zyl sê die saak vind plaas binne die konteks van die regering se enigste lisensiekaartdrukmasjien wat vir ‘n tweede keer in minder as ‘n jaar, gebreek het. Hy sê dit veroorsaak groot vertragings in die druk van lisensiekaarte. Volgens Van Zyl het AfriForum se regspan groot gebreke en teenstrydighede in die Nasionale Padverkeerswet en regulasies in die hof ontbloot. Hy sê die wetgewing stel byvoorbeeld nie uitdruklik dat motoriste by verstryking van hul lisensiekaarte vir nuwes moet aansoek doen nie.





1 view0 comments

Recent Posts

See All

Comentarios


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page