VAALDRIEHOEK - Media24 het aangekondig tot 400 werknemers kan hul werk verloor en nog 400 poste kan na ander maatskappye oorgedra word. Uitvoerende hoof, Ishmet Davidson, sê 'n dekades lange afname in advertensies en sirkulasie het ʼn vernietigende uitwerking op gedrukte publikasies gehad. Die herstrukturering sluit in dat gedrukte uitgawes van Beeld, Rapport, City Press, Daily Sun en Soccer Laduma gestaak word. Die laaste gedrukte uitgawes sal na verwagting op 30 September verskyn. Media24 beplan om in die toekoms ten volle digitaal te wees en Rapport, City Press en Daily Sun sal slegs digitaal verskyn.
Intussen bestempel AfriForum dié stap as ’n reuseterugslag vir gehaltejoernalistiek in die land en veral vir Afrikaanse media. Volgens AfriForum se hoof van Kultuursake, Alana Bailey, versaak Media24 die Afrikaanse gemeenskap en die titels van publikasies wat deel van die fondament is waarop dié sakereus gebou is.
FOTO: (Moneyweb)
Comentarios