top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

AfriForum sê ‘n aantal polisielede is waarskynlik onbevoeg om vuurwapens te hanteer

VAALDRIEHOEK - AfriForum sê hy het inligting bekom wat daarop dui dat 'n aansienlike aantal lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens tans onbevoeg is om onder die Vuurwapenwet wapens te hanteer. Die burgerregte-organisasie sê polisielede se vuurwapenbevoegdheid word slegs elke vyf jaar getoets in plaas van elke 12 maande soos voorheen voorgeskryf is. Jacques Broodryk van AfriForum sê hulle het omvattende inligting aangevra oor die huidige vuurwapenbevoegdheid van polisielede en die datum waarop lede se bevoegdheidsertifikate verval. Broodryk sê hulle het inligting dat verskeie polisielede ‘n beroep gedoen het op die polisiebestuur om die vasgestelde bevoegdheidsvereistes na te kom, maar dit is glo geïgnoreer. Hy sê ‘n tekort aan ammunisie is as verskoning aangevoer. Broodryk sê die beweerde finansiële beperkings en duidelike elemente van wanadministrasie binne die SAPD laat vrae ontstaan oor die doeltreffendheid van die polisie. Hy sê dit wek ook vrae oor die vermoë van polisiebeamptes om hul pligte veilig en bekwaam uit te voer.

FOTO: (Verskaf)


5 views0 comments

Comments


bottom of page