AfriForum sê rioolbesoedeling in Vaalrivier bedreig watersekerheid in Gauteng
- 90.6 FM News
- Nov 18, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - AfriForum waarsku die rioolbesoedeling in die Vaalrivier-opvangsgebied bedreig Gauteng se watersekerheid, die omgewing, en openbare gesondheid. Die groep vra dringende optrede om munisipaliteite aanspreeklik te hou. 'n AfriForum-lid, Marais de Vaal, sê swak watersuiweringsaanlegte stroomop in die Vaalrivier, is grootliks hiervoor verantwoordelik. Hy het herhaal dat deursigtigheid 'n kern-element is om die krisis aan te pak.

Comments