Search

AfriForum Sasolburg loots blikkieskos insameling

SASOLBURG - AfriForum se Sasolburg-tak pak ‘n nuwe liefdadigheidsprojek aan. Die burgerregte-organisasie is besig met ‘n insameling van blikkieskos en nie bederfbare goedere. Die items sal na bewering na boere in droogtegeteisterde gebiede versprei word. AfriForum het ‘n beroep gedoen op lede van die gemeenskap om betrokke te raak by die projek en sodoende ‘n verskil te maak. Blikkieskos en nie-bederfbare goedere kan afgelewer word by Roseberrystraat 17 in Sasolburg voor die 27ste Februarie. FOTO: (AfriForum)

0 views
Listen Live.jpg