Search

AfriForum Sasolburg ondervoorsitter, Jacques Struwig, eergisteroggend oorlede

SASOLBURG - Afriforum Sasolburg het in ‘n verklaring bekend gemaak dat hulle ondervoorsitter, Jacques Struwig, eergisteroggend oorlede is. Volgens die verklaring was Struwig die ondervoorsitter van Afriforum Sasolburg-tak en nes ander lede het hy altyd sy eie tyd op geoffer vir ons gemeenskap. Struwig was ‘n werknemer by Sasol en getroud met Louise Struwig, die eienaar van He Brews Coffeehouse in Sasolburg. Hulle het twee volwasse kinders, ‘n seun en ‘n dogter. Louise het op haar Facebook-blad gesê hulle gesin het onlangs ‘n dubbele tragedie ervaar met die onlangse afsterwe van haar skoonma aan kanker. Jacques is nie lank daarna nie oorlede aan ‘n hartaanval. Afriforum Sasolburg het sy innige simpatie en medelye aan Louise en haar familie uitgespreek. Die organisasie sê Jacques los ‘n baie groot leemte in die harte van almal wat hom geken het en die voorreg gehad het om saam met hom te kon werk.

FOTOS: (Facebook)



19 views0 comments