AfriForum Sasolburg vra vir hulp met skoonmaak-aksie Saterdag
SASOLBURG - AfriForum se Sasolburg-tak het ‘n skoonmaakaksie geloods om die dorp self netjies te maak. Die burgerregte-organisasie gaan Saterdag 13 Mei om 08:00 die oggend begin o die Groenstrook tussen Billingham- en Culemborg strate in Sasolburg skoon te maak. AfriForum het ‘n beroep gedoen op inwoners om hulle hulp te voorsien op die dag. Vrywilligers word gevra om asseblief ‘n bossiesnyer, kettingsaag (as jy een het), sonbrandmiddel, hoed en tonne gees saam te bring.
FOTO: (AfriForum Sasolburg)
