AfriForum seëvier in hofstryd teen Ngwathe-munisipaliteit
- 90.6 FM News
- Jun 23
- 1 min read
PARYS - AfriForum sê hulle het 'n beslissende oorwinning behaal in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein met 'n uitspraak ten gunste van die organisasie. Alta Pretorius van AfriForum sê regter Johannes Daffue het bevestig die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit en sy raad is disfunksioneel. Groot dorpe wat Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se jurisdiksiegebiede vorm, sluit in Parys, Vredefort, Heilbron, Koppies en Edenville. IPretorius sê die hof het gelas dat die munisipale raad ontbind en die Vrystaatse provinsiale regering onmiddellik ingryp.
Comments