top of page
Search

AfriForum se jaarlikse vullisterreinoudit dui op die swak gehalte van stortingstereine in die Vaal

VAALDRIEHOEK - Die burgerregtegroep AfriForum het vroeër die week sy jaarlikse vullisterreinouditverslag bekendgestel. Verskeie vullisterreine in dorpe en stede waar AfriForum se takke geleë is, insluitend drie in die Vaaldriehoek, is vroeër vanjaar vir die verslag geoudit. Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se vullisterein in Meyerton het die oudit geslaag met 92%, terwyl die Vanderbijlpark-Boitshepi vullisterein van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit slegs 34% gehaal het. Die Sasolburg vullisterein van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit het ’n skokkende 20% tydens die oudit behaal. Dié verslag gaan met die Minister van Omgewingsake, Barbara Creecy, bespreek word en ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek. AfriForum het bevind dat slegs 18,5% van die terreine wat geoudit is aan die minimum vereistes van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur voldoen.

FOTO'S: (AfriForum)






4 views0 comments
bottom of page