Search

AfriForum se takke in die Vaaldriehoek ontvang handreiniger en gesigmaskers

VAALDRIEHOEK - AfriForum se takke in die Vaaldriehoek het hierdie week handreiniger en gesigmaskers ontvang, om hulself en die gemeenskap teen COVID-19 te beskerm. Volgens ‘n verklaring op die burgerregte-organisasie se webtuiste is 54 vyf-liter bottels handreiniger en 540 gesigmaskers aan verskeie takke in die Vaaldriehoek en die Wes-Rand van Gauteng afgelewer, om te versprei in gemeenskappe waar daar nood is. Die geskenk volg kort nadat daar die afgelope twee weke ’n nasionale projek van stapel gestuur is, waartydens 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk is. Die Heidelberg-, en Vereeniging-takke het voorraad aan die verkeersdepartemente, polisiekantore, plaaslike karwagte en plaaslike buurtwagte verskaf; terwyl die Vanderbijlpark- en Midvaal-takke beplan om van die voorraad verder in hul gemeenskappe te versprei.

FOTO: (Verskaf)


27 views