Afriforum Vanderbijlpark beplan begrafplaas veiligheidsdiens
VANDERBIJLPARK - Vaaldriehoek inwoners wat graag die Vanderbijlpark begraafplaas wil besoek, kan eerskomende naweek van die geleentheid gebruik maak om dit onder die wakende oog van AfriForum te doen. Afriforum Vanderbijlpark sê hulle gaan eerskomende Sondag, die 19de Januarie, veiligheidsdiens in die Vanderbijlpark begrafplaas aflê. Die veiligheidsdiens sal van 11:00 tot 14:00 duur. In ‘n kennisgewing wat deur die organisasie uitgereik is, moedig hulle inwoners van die Vaaldriehoek aan om hierdie tyd te gebruik om geliefdes se grafte te besoek.
FOTO: (Verskaf)
