Search

AfriForum Vanderbijlpark beveilig minisubstasie

AfriForum het gister in ‘n mediaverklaring gesê hulle Vanderbijlpark-tak het op 4 September ’n minisubstasie op die hoek van Da Vinci- en Moerdykstraat, Vanderbijlpark, beveilig. Volgens AfriForum was die transformator te groot om in die oorspronklike kas te pas, waarna die Emfuleni munisipaliteit dit bo-op dié kas geïnstalleer het. AfriForum sê dit was net so oop en bloot gelos, wat ’n gevaar vir die gemeenskap inhou het. AfriForum Vanderbijlpark het besluit om hierdie transformator toe te maak en te beveilig sodat kinders nie hulself kan beseer, of iemand maklik daaraan kan peuter nie. Die transformator is met ‘n sowat 1,8 meter heining omhein. Distriks distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, Stephanus Blignault sê dit is skrikwekkend dat die Emfuleni-munisipaliteit nie aan die gemeenskap se veiligheid dink nie en die transformator net so oop gelos het. Hy het bygevoeg dat met misdaad wat orals kop uitsteek was dit slegs ’n kwessie van tyd voordat die transformator gevandaliseer is.


5 views0 comments