Search

AfriForum Vanderbijlpark buurtwag trek drie vermeende diewe vas

VANDERBIJLPARK - AfriForum Vanderbijlpark het eergister twee suksesse behaal in die vroeë oggendure deur drie vermeende misdadigers aan te keer. Die burgerregte-organisasie sê in ‘n verklaring in voorval een het hulle ‘n inbreker in Wattstraat, CW5 vasgetrek. Dit is onduidelik of die inbreker kans gehad het om enige iets te steel. In die tweede voorval is twee kameradiewe in Totiusstraat, SW1, vasgetrek. AfriForum sê gesteelde kameras is in hulle besit gevind. Die organisasie het sy buurtwagspan bedank vir hulle flinke optrede en hulle opoffering om die gemeenskap van Vanderbijlpark te beveilig.

FOTO: (Verskaf)



12 views0 comments