AfriForum Vanderbijlpark doen begraafplaasdiens hierdie naweek
VANDERBIJLPARK - Vaaldriehoek inwoners wat graag hul geliefdes se grafte wil besoek, sal die naweek die geleentheid hê om dit onder die wakende oog van AfriForum Vanderbijlpark te doen. Die burgerregte organisasie se Vanderbijlpark-tak gaan Sondag, 18 Oktober, begraafplaasdiens doen by die Vanderbijlpark begraafplaas. Die organisasie se Johan Viljoen sê hulle sal daar wees vanaf 11:00 die oggend tot 14:00 die middag. Viljoen het inwoners genooi om gerus van die geleentheid gebruik te maak om hul geliefdes se grafte te besoek.
FOTO: (AfriForum Vanderbijlpark)
