top of page
Search

Afriforum Vanderbijlpark doen hierdie Sondag begraafplaasdiens

VANDERBIJLPARK - Vaaldriehoek inwoners wat graag hul geliefdes se grafte wil gaan besoek, sal binnekort die geleentheid hê om dit onder die wakende oog van AfriForum Vanderbijlpark te doen. Die organisasie het aangekondig dat hy hierdie Sondag, 19 Maart 2023, veiligheidsdiens gaan doen by die Vanderbijlpark begraafplaas. AfriForum se span sal van 11:00 die oggend tot 14:00 die middag daar wees. Die organisasie het alle Vaaldriehoek inwoners aangemoedig om van die geleentheid gebruik te maak.

FOTO: (AfriForum Vanderbijlpark)



2 views0 comments
bottom of page