Afriforum Vanderbijlpark doen weer begraafplaasdiens volgende naweek
VANDERBIJLPARK - AfriForum Vanderbijlpark gaan weer volgende naweek begraafplaasdiens doen. Die burgerregte-organisasie doen elke nou en dan oor ‘n naweek veiligheidsdiens by die Vanderbijlpark-begraafplaas. Dit is sodat geliefdes se grafte besoek kan word sonder vrees van misdadige elemente. AfriForum sal volgende Sondag 24 Oktober vanaf 11:00 die oggend tot 14:00 die middag by die gebied veiligheidsdiens doen. Alle Vaaldriehoek inwoners wat graag hul geliefdes se grafte wil besoek word aangemoedig om volgende Sondag van die geleentheid gebruik te maak.
FOTOS: (AfriForum Vanderbijlpark)

