top of page
Search

AfriForum Vanderbijlpark waarsku teen kapings by Barrageweg/R57 kruising

VANDERBIJLPARK - AfriForum Vanderbijlpark het ‘n waarskuwing uitgereik nadat meer as een kapingsinsident by die kruising van Barrageweg/R42 en die R57 (ook bekend as die robot van die dood) aangemeld is. Die burgerregte-organisasie het in ‘n kennisgewing gesê daar is op 15 Maart drie insidente gerapporteer: ‘n voertuigkaping, poging tot 'n voertuigkaping en die aanranding en roof van ‘n vragmotorbestuurder en passasier. Die organisasie het motoriste gevra om nie langs die pad in die verkeerslig se omgewing te stop nie, hul omgewing dop te hou vir verdagte persone en hul voertuie se deure ten alle tye gesluit te hou. Motoriste word ook aangemodig om kontaknommers van hul buurtwag, VRU of AfriForum reaksie-eenhede altyd byderhand te hou indien hulle hulp sou benodig in ‘n noodsituasie. AfriForum sê hierdie groepe is 24/7 beskikbaar, word beman deur vrywilligers uit die gemeenskap en sal verseker dat daar vinnig reageer word - wat die verskil tussen lewe en dood kan beteken.

FOTO: (AfriForum Vanderbijlpark)



20 views0 comments
bottom of page