VAALDRIEHOEK - AfriForum het ‘n ernstige waarskuwing uitgereik met groot dele van die land wat ‘n hoë brandgevaar-tydperk in die droë seisoen betree. Provinsies soos Gauteng, die Vrystaat, die Noord- en die Oos-Kaap, Noordwes, Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal word bedreig weens stygende temperature, lae vogtigheid en sterk wind wat in die komende weke voorspel word. AfriForum se rampbestuurspesialis, Tarien Cooks, sê landelike gebiede worstel met bykomende uitdagings, insluitend opsetlike brande vir jagdoeleindes. Cooks beklemtoon die behoefte aan verhoogde bewusmaking en voorkomende maatreëls om verwoestende verliese te bekamp.


댓글