AgriSA sê die nasionale minimum loon se verhoging bo inflasie is onvolhoubaar
VAALDRIEHOEK - AgriSA doen ‘n beroep op die regering om ‘n verhoging in die nasionale minimum loon aan inflasie gekoppel te hou. Hy sê enige verhoging bo inflasie sal op die kort termyn die finansiële lewensvatbaarheid van baie landbou-ondernemings in die reeds moeilike ekonomiese klimaat bedreig. Op die lang termyn sal ‘n skerp styging in arbeidskoste, wat nie gepaard gaan met groter produktiwiteit nie, Suid-Afrika se mededingendheid op die wêreldmark knou. AgriSA stel voor die minimum loon word vasgestel op verbruikersinflasie minus 2%.
FOTO: (Verskaf)
