top of page
Search

AgriSA sê polisieminster ken geen hulpbronne toe vir landelike veiligheidstrategie nie

VAALDRIEHOEK - AgriSA sê terwyl Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse boere ‘n stryd voer teen ekonomiese, infrastruktuur- en beleidsprobleme, is dit noodsaaklik vir die land se voedselsekerheid dat misdaad op die platteland nie verder toeneem nie. Die minister van Polisie het R70-miljoen aan al nege provinsies toegeken om gemeenskapspolisiëringsforums se behoeftes aan hulpbronne te ondersteun. Die minister het egter geen bronne beskikbaar gestel om die strategie vir landelike veiligheid in te stel nie. AgriSA sê dit teleurstellend dat min tot geen vordering gemaak is met die instelling van dié strategie nie.

FOTO: (DA)


2 views0 comments
bottom of page