top of page
Search

Alle nie hoë-prioritiet operasies by staatshospitale gekanselleer

VAALDRIEHOEK - Die LUR van Gesondheid in Gauteng, Bandile Masuku, sê die operasies by staatshospitale wat nie van hoë prioriteit is nie, sal tot verdere kennisgewing gekanselleer word. Die Departement sal ook chroniese medikasie vir ‘n drie maande-lang periode aan die pasiënte gee in die hoop dat die toename van pasiënte by die plaaslike gesondheidsorgfasiliteite tot die minimum beperk sal word. Die Departement het reeds die besoektye by alle privaat hospitale beperk en die aantal besoekers is ook beperk. LUR Masuku sê ook dat die jaarlikse gesondheidsgebeurtenisse gekanselleer word, besoeke aan buitepasiënte sal verminder word, en dat aparte plekke vir pasiënte met griepagtige simptome by fasiliteite geïdentifiseer sal word. Staatshospitale in die Vaal Driehoek area sluit in Dr. A.G. Visser Hospitaal in Heidelberg, Johan Heyns Hospitaal in Vanderbijlpark, Sebokeng Hospitaal in Vanderbijlpark en Vereeniging Hospitaal.

FOTO: (Verskaf)


21 views0 comments
bottom of page