Search

Amsa beplan nie om sy Newcastle of Vanderbijlpark aanlegte te sluit nie

VAALDRIEHOEK - Die staalreus ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) beplan nie in dié stadium om die Newcastle-aanleg of die aanleg in Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek te sluit nie. Uitvoerende hoof van Amsa, Kobus Verster, sê egter hy gaan nóg 400 werkers moet aflê by sy aanleg in Newcastle in KwaZulu-Natal. Verster het volgens Netwerk24 verlede week dié getal aan die media bevestig nadat hy Amsa se jaarresultate in Sandton in Johannesburg bekend gemaak het. Amsa het voorheen aangekondig dat die aanleg by Saldanha aan die Weskus wel gesluit gaan word. Verster sê die maatskappy het reeds op 31 Januarie met ’n art. 189-proses ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge begin. Dit sal na verwagting teen einde Junie afgehandel wees. Verster sê verder hulle gaan daaraan werk om hulle mark in Suid-Afrika en Afrika uit te brei waar hulle dit per pad kan vervoer. Hy sê wanneer internasionale staalpryse verander, kan hulle wel meer in Vanderbijlpark en Newcastle vervaardig. FOTOS: (ArcelorMittalSA - Kobus Verster)


20 views