Search

ANC sê hy gaan ingryp by die chaos by die Metsimaholo munisipaliteit

SASOLBURG - Die ANC sê hy beoog om in te gryp by choas by die Metsimaholo munisipaliteit in Sasolburg. Netwerk24 berig dat die munisipaliteit in chaos voortduur, waar drie munisipale bestuurders tans aangestel is. Die Vrystaat Provinsiale Uitvoerende Komitee sekretaris, Paseka Nompondo, sê die drie bestuurders professionele mense en behoort nie aan die ANC nie. Hy sê verder alles wat by die Metsimaholo munisipaliteit verkeerd loop is nie die ANC se skuld nie. Nompondo het verder ook verwys na die koalisiestadsraad wat aan bewind is en verskeie grondgrype wat in die gebied plaasvind en sê die Vrystaatse provinsiale regering sal daar moet ingryp. VF-Plus-lid van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) in die Vrystaat, Armand Cloete, stem saam dat dit ’n deurmekaarspul is, maar hy sê dit is die ANC se skuld. Hy sê daar is faksiegevegte in die ANC en die belange van die onderskeie faksies word beskerm. Hy meen munisipale bestuurders is gewoonlik ook ANC-lojaliste.

FOTO: (Verskaf)





0 views
Listen Live.jpg