top of page
Search

Antivirale medisyne van Pfizer word geregistreer vir die behandeling van Covid-19

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het Paxlovid, ‘n antivirale medisyne wat deur Pfizer vervaardig word, geregistreer vir die behandeling van Covid-19. Dit is geskik vir die behandeling van ligte tot matige Covid-19 by volwassenes, wat nie aanvullende suurstof benodig nie, maar by wie daar ‘n groter risiko is om te vorder na ernstige Covid-19. Die reguleringsowerheid sê Paxlovid bestaan uit tablette vir wat vyf dae lank geneem word in oggend- en aanddosisse. Newe-effekte sluit in, hipersensitiwiteitsreaksies, diarree, braking en veranderde smaak. Die owerheid sê die registrasie van Paxlovid is ‘n welkome stap in die stryd teen die pandemie. FOTO: (Getty Images)


1 view0 comments
bottom of page