Arbeidshof bevestig werkers se reg om te staak by ArcelorMittal
VAALDRIEHOEK - Die metaalwerkersunie NUMSA sê die Arbeidshof het ‘n aansoek deur ArcelorMittal om ‘n nasionale staking by al sy Suid-Afrikaanse aanlegte te verbied, van die hand gewys. Werknemers verbonde aan die vakbond staak al byna drie weke en eis ‘n 10 persent-loonverhoging oor die hele linie. NUMSA sê die staalprodusentemaatskappy se bedoeling was om die reg om te staak te ondermyn, en sê die werkers beskou dit as ‘n poging om hulle te verdeel. Die vakbond sê in ’n verklaring die arbeidshof se besluit bevestig dat alle werknemers, sonder uitsondering, die reg het om te staak. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle hou vandag ‘n optog na Arcelor Mittal se kantoor in Vanderbijlpark, Gauteng.
FOTO: (Verskaf)
