Search

ArcelorMittal SA lei wesensverlies van R3,2 miljard in 2019

VAALDRIEHOEK - ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa), wat aanlegte in onder meer Vanderbijlpark en Vereeniging het, het aankondig dat hy ’n wesensverlies van R3,265 miljard gely het vir die jaar tot einde Desember 2019. Dit is teenoor ’n wesensverdienste van R968 miljoen die vorige jaar. Die staalvervaardiger het vanoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens gesê dat 2019 die uitdagendste was vir die wêreldstaalbedryf sedert die finansiële krisis van 2008. Hy sê dit was ook ’n “buitengewoon moeilike jaar” vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en vir Amsa. Hy sê in die verklaring die afswaai in die wêreldstaalsektor was vinniger en dieper as wat ooit kon verwag word. Amsa sê die korrelasie tussen staalpryse en dié van hulpbronne het verbrokkel en dit is nie net hy wat gesukkel het om daarby aan te pas nie. Amsa sê hy het dus geen ander keuse gehad as om intensief te fokus op hoe hy sy kontant bestee nie en gaan voort om sy bedrywighede te hersien.

FOTO: (Verskaf)


18 views
Listen Live.jpg