top of page
Search

ArcelorMittal SA sê Neasa se aantygings dat hy reeds sy bestelboek vir 2020 gesluit het is onwaar

VAALDRIEHOEK - ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) sê daar is geen waarheid in die bewering dat hy klaar sy bestelboek vir 2020 gesluit het nie. Die staalreus het gister die werkgewersorganisasie Neasa se bewering ontken dat dit wel die geval is. Neasa het in September beweer dat Amsa geen verdere bestellings vir 2020 aanvaar nie, en dat Amsa boonop net ’n deel van bestaande bestellings aan kliënte gaan aflewer. Amsa sê wat Neasa nie in ag neem nie, is dat hy sy bedrywighede moes staak weens die staat van inperking wat ingestel is. Amsa se bedrywighede was nie as ’n noodsaaklike diens geklassifiseer nie, en hy moes noodgedwonge sy oonde afskakel. Amsa sê hy het soos wat die staat van inperking verlig is, weer met bedrywighede begin. Hy het reeds laat in September aangekondig dat die vraag na staal só herstel het dat hy besluit het om sy hoogoond C in sy aanleg in Vanderbijlpark weer op 21 Januarie 2021 aan die gang te kry. Amsa erken hy het tans ’n agterstand, maar sê hy hoop om dit teen Desember te kan inhaal. Amsa sê hy begryp ten volle dat die situasie “moeilik” is, en dat hy in konstante gesprek met klante is. Hy sê hy probeer versoeke herprioritiseer soos wat nodig is.

FOTO: (Verskaf)


25 views0 comments
bottom of page