ArcelorMittal SA se hernubare energie-aanleg sal na verwagting bedryfsvoordele inhou
VANDERBIJLPARK - ArcelorMittal Suid-Afrika sê hy verwag aanvanklike bouwerk aan ‘n 200-megawatt hernubare energie-aanleg in Vanderbijlpark, Gauteng, sal later vanjaar begin. Die fotovoltaïese sonkragprojek sal na verwagting R4-miljard kos om op te rig. Die uitvoerende hoof, Kobus Verster, sê die projek is genoodsaak deur voortdurende onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening en stygende tariewe. Hy sê die besluit om een groot 200-megawatt-aanleg in Vanderbijlpark te bou, sal die grootste bedryfs- en handelsvoordele inhou. FOTO: (Verskaf)
